Borge en Uitstallers

Graag wil ons van die geleentheid gebruik maak om alle besighede uit te nooi om as borg deel te neem aan ons eerste Koepel Veldrit, aangebied deur Koepel Boerevereniging op die 1ste September 2018. Die fondse wat ingesamel word met hierdie geleentheid word aangewend om ons gebied te beveilig en die Vredefort Koepel een van die beste plekke in die land te maak om in te leef. U bydrae is ‘n belegging in mense se lewens. Ons beplan ‘n uithang geleentheid wat vir oud en jonk ‘n dag sal wees om te onthou. Ons gebruik Noble Equestrian Stables buitekant Parys se fasiliteite as die basis waarvan af die veldrit aangebied word. Aktiwiteite gaan insluit: Verskeie uitstallers op roete en terrein, ‘n vermaaklikheid program in die saal, verskeie kos en koeldrank stalletjies, kontantkroeg, kinderpark met verskeie aktiwiteite, veldrit, 4×4 roete, plaasbakkie toutrek, ens.

Vanaf Noble Equestrian Stables loop die Veldrit roete vir 54 km deur die wêreldbekende Vredefort Koepel-gebied se rante en rivier front , en bied een van die mooiste en opwindendste veldren/rally roetes in die land.

Die veldrit neem die formaat aan van die hedendaagse boere “rally” waar borge hulle stalletjies langs die roete opslaan op verskillende plekke. Deelnemers ry van die een borg se stalletjie na die volgende borg se stalletjie al langs die roete, en by elke stalletjie neem hulle deel aan ‘n aktiwiteit, wat aan die einde van die dag vir die deelnemer ‘n prys kan beteken. Dit is glad nie ‘n resies nie, maar eerder ‘n tipe pretrit. U kan kies of u ‘n stalletjie langs die roete wil opsit, en of u ‘n stalletjie op die terrein wil hê.

Vir die borge wat deelneem is daar die volgende in stoor:

  • Blootstelling en advertensie van u besigheid.
  • Tussen 500 en 800 besoekers aan u stalletjie op die roete.
  • Tussen 1500 en 2500 mense wat u stalletjie kan raaksien en besoek op die terrein.
  • Verkoop van produkte by u stalletjie.
  • Stel ‘n lys op van kontakbesonderhede van besoekers by jou stalletjie en kontak hulle agterna vir besigheidsdoeleindes.

Ons verlang die volgende van ‘n borg:

  • Kostes vir ‘n stalletjie (afslag ingesluit) op die veldrit roete: R1500 (normale prys: R2000)
  • Kostes vir ‘n stalletjie (afslag ingesluit) op die terrein: R2000 (normale prys: R2500)
  • Gelde moet in die volgende rekening inbetaal wees teen 15 Augustus 2018: FNB rekening: Koepel Boerevereniging, Rekening nommer: 6231 249 1103, Tak: 230-736. Gebruik u besigheid se naam as verwysing.
  • Geen kos of alkoholiese drank mag op die roete gegee of verkoop word nie.
  • Daar moet ‘n aktiwiteit aangebied word by elke stalletjie waaraan veldrit-ryers kan deelneem.
  • Aktiwiteite sal gekoördineer word sodat dieselfde aktiwiteit nie by meer as een stalletjie aangebied word nie.
  • Kyk na die lys van aktiwiteite hierby aangeheg vir idees, en laat weet ons wat u stalletjie gaan aanbied.
  • Hou rekord van die prestasie van deelnemers en gee aan die einde van die dag ‘n wenner, 2de plek en 3de plek deur aan die organiseerders.
  • Borg ten minste een of meer pryse wat by die prysuitdeling om 16:00 die middag deur u oorhandig kan word aan die wenners van u stalletjie.
  • Stalletjies moet opgerig en reg wees om deelnemers te ontvang teen 07:00 die oggend, en teen 15:00 kan dit weer afgebreek word, (of wanneer beamptes u laat weet die laaste voertuig is deur), sodat u betyds kan wees vir die prysuitdeling om 16:00 by Noble Equestrian Stables.
  • Bring benodigdhede saam vir u stalletjie: Gazebo, tafel, kampstoele, advertensie materiaal, voubiljette, kos en drinkgoed vir uself en die span by u stalletjie, aktiwiteit-benodigdhede.
  • Elke borg sal ‘n stempel ontvang wat gebruik moet word om elke deelnemer se vraestel te stempel wanneer hy u stalletjie besoek het, en deelgeneem het aan die aktiwiteit.
  • Daar sal van elke borg verwag word om ‘n vrywaringsvorm te teken namens homself en die besigheid wat hy verteenwoordig.
  • Stuur ‘n logo van u besigheid aan juan@koepelboere.co.za sodat ons u logo op die vraestel en program kan aanbring vir advertensie.

As u ‘n roete-stalletjie verkies sal ons vir u ‘n GPS ruit-verwysing stuur van die plek wat ons aan u stalletjie toeken, asook ‘n kaart van hoe om daar uit te kom.

‘n Terrein stalletjie sal uit die aard van die saak nie ‘n kompetisie aanbied nie, soos die roete stalletjie nie, en daar word ook nie verwag dat ‘n terrein stalletjie pryse hoef te borg nie. As enige iemand egter pryse wil borg sal ons dit baie waardeer en dit toeken aan wenners van bv. die toutrek, of die 4×4 baan.

As u ‘n terrein-stalletjie verkies sal ons vir u ‘n stalletjie nommer gee, en ‘n kaart van die terrein sodat u op die regte plek u stalletjie kan oprig.

Vir enige verdere navrae wees welkom om my te kontak!

Groete,

Juan Greeff

(Voorsitter: Koepel Boerevereniging)

Epos: juan@koepelboere.co.za

Tel: 079 874 1860Borge en Uitstallers

Graag wil ons van die geleentheid gebruik maak om alle besighede uit te nooi om as borg deel te neem aan ons eerste Koepel Veld rit, aangebied deur Koepel Boerevereniging op die 1ste September 2018. Die fondse wat ingesamel word met hierdie geleentheid word aangewend om ons gebied te beveilig en die Vredefort Koepel een van die beste plekke in die land te maak om in te leef. U bydrae is ‘n belegging in mense se lewens. Ons beplan ‘n uithang geleentheid wat vir oud en jonk ‘n dag sal wees om te onthou. Ons gebruik Noble Equestrian Stables buitekant Parys se fasiliteite as die basis waar vanaf die veld rit aangebied word. Aktiwiteite gaan insluit: Verskeie uitstallers op roete en terrein, ‘n vermaaklikheid program in die saal, ‘n dames program, verskeie kos en koeldrank stalletjies, kontantkroeg, kinderpark met verskeie aktiwiteite, veld rit, 4×4 roete, plaasbakkie toutrek, ens.

Vanaf Noble Equestrian Stables loop die Veld rit roete vir 54 km deur die wêreldbekende Vredefort Koepel-gebied se rante en rivier front , en bied een van die mooiste en opwindendste veld rit/rally roetes in die land.

Die veld rit neem die formaat aan van die hedendaagse boere “rally” waar borge hulle stalletjies langs die roete opslaan op verskillende plekke. Deelnemers ry van die een borg se stalletjie na die volgende borg se stalletjie al langs die roete, en by elke stalletjie neem hulle deel aan ‘n aktiwiteit, wat aan die einde van die dag vir die deelnemer ‘n prys kan beteken. Dit is glad nie ‘n resies nie, maar eerder ‘n tipe pretrit. U kan kies of u ‘n stalletjie langs die roete wil opsit, en of u ‘n stalletjie op die terrein wil hê.

Vir die borge wat deelneem is daar die volgende in stoor:

·         Blootstelling en advertensie van u besigheid.

·         Tussen 500 en 800 besoekers aan u stalletjie op die roete.

·         Tussen 1500 en 2500 mense wat u stalletjie kan raaksien en besoek op die terrein.

·         Verkoop van produkte by u stalletjie.

·         Stel ‘n lys op van kontakbesonderhede van besoekers by jou stalletjie en kontak hulle agterna vir besigheidsdoeleindes.

Ons verlang die volgende van ‘n borg:

Ø  Kostes vir ‘n stalletjie (afslag ingesluit) op die veld rit roete: R1500 (normale prys: R2000)

Ø  Kostes vir ‘n stalletjie (afslag ingesluit)  op die terrein: R2000 (normale prys: R2500)

Ø  Gelde moet in die volgende rekening inbetaal wees teen 15 Augustus 2018: FNB rekening: Koepel Boerevereniging, Rekening nommer: 6231 249 1103, Tak: 230-736. Gebruik u besigheid se naam as verwysing.

Ø  Geen kos of alkoholiese drank mag op die roete gegee of verkoop word nie.

Ø  Daar moet ‘n aktiwiteit aangebied word by elke stalletjie waaraan veldrit-ryers kan deelneem.

Ø  Aktiwiteite sal gekoördineer word sodat dieselfde aktiwiteit nie by meer as een stalletjie aangebied word nie.

Ø  Kyk na die lys van aktiwiteite hierby aangeheg vir idees, en laat weet ons wat u stalletjie gaan aanbied.

Ø  Hou rekord van die prestasie van deelnemers en gee aan die einde van die dag ‘n wenner, 2de plek en 3de plek deur aan die organiseerders.

Ø  Borg ten minste een of meer pryse wat by die prysuitdeling om 16:00 die middag deur u oorhandig kan word aan die wenners van u stalletjie.

Ø  Stalletjies moet opgerig en reg wees om deelnemers te ontvang teen 07:00 die oggend, en teen 15:00 kan dit weer afgebreek word, (of wanneer beamptes u laat weet die laaste voertuig is deur), sodat u betyds kan wees vir die prysuitdeling om 16:00 by Noble Equestrian Stables.

Ø  Bring benodigdhede saam vir u stalletjie: Gazebo, tafel, kampstoele, advertensie materiaal, voubiljette, kos en drinkgoed vir uself en die span by u stalletjie, aktiwiteit-benodigdhede.

Ø  Elke borg sal ‘n stempel ontvang wat gebruik moet word om elke deelnemer se vraestel te stempel wanneer hy u stalletjie besoek het, en deelgeneem het aan die aktiwiteit.

Ø  Daar sal van elke borg verwag word om ‘n vrywaringsvorm te teken namens homself en die besigheid wat hy verteenwoordig.

Ø  Stuur ‘n logo van u besigheid aan juan@koepelboere.co.za sodat ons u logo op die vraestel en program kan aanbring vir advertensie.

As u ‘n roete-stalletjie verkies sal ons vir u ‘n GPS ruit-verwysing stuur van die plek wat ons aan u stalletjie toeken, asook ‘n kaart van hoe om daar uit te kom.

‘n Terrein stalletjie sal uit die aard van die saak nie ‘n kompetisie aanbied nie, soos die roete stalletjie nie, en daar word ook nie verwag dat ‘n terrein stalletjie pryse hoef te borg nie. As enige iemand egter pryse wil borg sal ons dit baie waardeer, en dit toeken aan wenners van bv. die toutrek, of die 4×4 baan.

As u ‘n terrein-stalletjie verkies sal ons vir u ‘n stalletjie nommer gee, en ‘n kaart van die terrein sodat u op die regte plek u stalletjie kan oprig.

Vir enige verdere navrae wees welkom om my te kontak!

Groete,

Juan Greeff

(Voorsitter: Koepel Boerevereniging)

Epos: juan@koepelboere.co.za

Tel: 079 874 1860